home page
News
Biography
Novels
Other Novels
Interviews
Interviews
Photo Gallery
UCT
LitNet
LitNet Akademies
Contact
LitNet Akademies 

LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels vanuit verskillende vakgebiede publiseer.

LitNet Akademies is geakkrediteer by die Departement van Onderwys en word as ’n aanlynjoernaal op LitNet gehuisves.

• ’n Art. 21-maatskappy sonder winsoogmerk word tans opgerig om LitNet Akademies te huisves. LitNet is die uitgewer van die tydskrif.

LitNet Akademies word deur die Dagbreek Trust en PSG Fund Management geborg.

LitNet Akademies staan onder bestuur en hoofredakteurskap van prof. Etienne van Heerden (UK) en bestaan tans uit twee afdelings:

Geesteswetenskappe Natuurwetenskappe

LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling bestaan reeds sedert Oktober 2007. Die sukses hiervan het tot die uitbreiding van LitNet Akademies gelei. Die redakteur is dr. Francis Galloway (UP).

LitNet Akademies se Natuurwetenskappe-afdeling bestaan uit twee dele, naamlik basiese wetenskappe (wiskundige, fisiese, biologiese en aardwetenskappe) en toegepaste wetenskappe (landbou- en gesondheidswetenskappe en ingenieurswese). Die redakteur is prof. Dirk Laurie (US), met proff. Hendrik Geyer (US) en Jannie Hofmeyr (US) as ereredakteurs.

LitNet Akademies word bestuur vanuit die LitNet-kantore te Devonshire-huis, h/v Ryneveld- en Kerkstraat, Stellenbosch.

Voordele

Die voordele van publikasie op LitNet Akademies vir geestes- en natuurwetenskaplikes:

  • Artikels is onmiddellik wêreldwyd op die internet beskikbaar.
  • LitNet Akademies hef geen bladgelde nie.
  • LitNet Akademies stel geen beperking op die lengte van artikels nie.
  • Volkleurillustrasies is moontlik.
  • Benewens die normale voordele van subsidievloei via die onderskeie universiteite na navorsers, betaal LitNet Akademies ’n bykomende bedrag direk aan navorsers vir hul artikels.
  • Portuurbeoordelaars word vergoed vir hul dienste.
  • Artikels verskyn vinniger as wat die geval is by papierjoernale.
  • LitNet Akademies is in www.litnet.co.za ingebed en onderhoude met navorsers en aanlyn-seminare rondom die bevindinge in navorsingsartikels word deur LitNet aangebied; só word navorsingsbevindinge wyer bekend gemaak. LitNet dryf internetverkeer na navorsingsartikels vanaf sy tuisblad, sy nuusbrief en ander elektroniese platforms.
  • Engelse opsommings word gepubliseer – in die geval van die natuurwetenskappe, opsommings van 1 500 woorde. Indien nodig, sal LitNet Akademies ’n  opsomming gratis in Engels laat vertaal deur kundige vertalers.
  • Navorsingsmateriaal word in Afrikaans beskikbaar gestel vir Afrikaanssprekende akademici en studente.
  • Navorsers behou kopiereg op hul artikels.
  • Pryse sal jaarliks vir navorsing toegeken word.

• Aanlyn-seminare oor materiaal op LitNet Akademies word in SeminaarKamer aangebied.

• Onderhoude met LitNet Akademies se artikelskrywers word in Onderhoude aangebied.

• Video-onderhoude met LitNet Akademies se artikelskrywers word op die LitNet-kanaal op YouTube aangebied.

• Akademiese poste in die vakgebiede wat deur LitNet Akademies hanteer word, word in NetWerk geadverteer.

• Kommentaar en gesprekke rondom LitNet Akademies-artikels word in die LitNet Akademies-gespreksruimte geplaas.

Enige navrae kan gerig word aan akademies@litnet.co.za.

© 2010 Etienne van Heerden | Contact: etienne@etiennevanheerden.co.za